KykenKuier VideoFoon Diens

'n Kwaliteit VideoFoon diens vanuit Suid-Afrika vir 'n ieder en elk is NOU, beskikbaar. Besoek ons instap-kiosk in Johannesburg en word vreeslik bederf. Aan al die familie en vriende wat graag in styl wil kuier met geliefdes, hier is die antwoord...KykenKuier!

Monday, September 04, 2006

VideoFoon diens nou bekostigbaar vir lekker kuier...



Die wêreld was tot gister nog baie groot, veral wanneer kinders, kleinkinders en vriende ver oorsee is... Danksy die nuutste in kommunikasie tegnologie, het ons nou die geleentheid om kontak met mekaar te kan maak, al is ons kilometers en tydsones van mekaar geskei.

Miskien gebruik julle alreeds videokuier sagteware van bekende portale wat ‘n gratis produk verskaf. Julle is welkom om hiermee voort te gaan, maar ingeval julle belang sou stel in ‘n kwaliteit videofoon ontmoeting oor die internet, moet julle verder lees. Die probleem is bandwydte en die koste daaraan verbonde veral vanaf SA kant. Vir familie en vriende aan SA kant is die maandelikse uitgawe aan Telkom DSL dikwels te veel. Die oplossing sou wees om 'n instap diens te vestig met die nuutste in hardeware en sagteware en 'n 512Kbps besigheid DSL lyn. Die instap stel 'n vaste standaard aan SA kant en hierdie basislyn kan gebruik word om die diens aan die oorsee kant op te lyn. 'n Kwaliteit videoFoon diens sal goed werk slegs wanneer daar 'n eenvormige sisteem van hardeware en sagteware geskep is om te kuier. Lede kan dus nie probeer om net 'n PC en 'n paar items aan mekaar te flans nie. Indien ons in styl wil kuier sonder rukkerige beelde, en swak audio moet ons bereid wees om 'n aanvanklike belegging te maak. Lede aan die oorsee kant sal 'n ordentelike PC en bykomstighede moet aankoop indien hul nie reeds die minimum vereistes kan nakom nie.

Wie is Ons: 'n Familie besigheid met die nodige kennis en wil om 'n bekostigbare en kwaliteit videofoon kuierdiens in SA aan te bied. Ons het jul ondersteuning nodig om ons infrastruktuur te skep en oor tyd te verbeter en dalk ook na die res van SA (nasionaal) uit te brei.

Soos julle mag weet, word video kwaliteit oor die internet erg deur bandwydte-bottelnekke en gepaardgaande dataverlies beïnvloed. Bandwydte en dataverlies kan aangespreek word deur die video soveel moontlik te verpak en as klein versendings aan te stuur. Die sagteware wat KykenKuier aanbeveel, voldoen aan die nuutste in video saampers en versendings tegnologie ("wavelet technology") en maak dit moontlik om kwaliteit video oor veral lae en onbestendige bandwydte te kan geniet. Telkom se onlangse prysverlagings van ADSL dienste maak dit vir ons moontlik om 'n ekonomiese in-stap diens aan SA-ners te kan verskaf.

‘n Videofoon instap diens word aan SA-kant teen R75 per sessie aangebied (45 min - maks 2 persone). Lidmaatskap is R350 (eenmalig). Ons bied alle sagte- en hardeware om die gesprek vanaf SA moontlik te maak en daar is geen verskuilde koste nie, lede betaal per sessie. Internasionale gebruikers sal 'n eie sisteem (by die huis) moet aankoop, eenmalige lidmaatskap en 'n videofoonsagteware lisensie per maand om die oproep moontlik te kan maak.

Besoek Ware3Software om die tegniese vereistes te bekom en voldoen aan die vereistes, voordat die sagteware, Session 3 afgelaai word. Onthou die 15 dae gratis sagteware gebruik tree onmiddellik in werking met installering. Wanneer jul gereed is, kontak ons om beeld en klank te toets. Indien jul tevrede is met die uitkoms kan jul lidmaatskap betaal en die maandelike huur vir die sagteware lisensie).

http://www.wave3software.com

'n VideoFoon eenheid met ten minste 512Kbps ADSL word aanbeveel. 'n Pentium IV (3.Ghz CPU) met minstens 512MB Ram en met 'n goeie video kaart (Nvidia). Besoek www.logitech.com vir die beste sakpas webkamera - die Pro5000 doen goed - kyk ook na:

http://www.logitech.com/index.cfm/products/details/ZA/EN,CRID=2204,CONTENTID=10628

http://www.logitech.com/index.cfm/products/demo/ZA/EN,crid=2204,contentid=11804,sh=1.

Besin oor USB audio kopstukke van www.Plantronics.com of indien jy 'n belegging wil maak besoek:

http://www.sennheiser.com/sennheiser/icm_eng.nsf.

Indien die digitale (audio & mikrofoon) kopstuk nie gebruik word as opsie nie, onthou om 'n goeie kwaliteit (full duplex) klank kaart aan te skaf. Iets om nie te vergeet nie is om na die vertrek te kyk waarin VideoFoon gebruik sal word. Beligting vir videofoon sessies is baie belangrik. Beligting en geraasvlakke sal met tyd en in die praktyk verbeter, namate ons oor die lug kuier en verstellings kan aanbring. Die diens wat jul uiteindelik sal geniet, sal steeds van die "best effort" telkom en ander bandwydte diensverskaffers afhang. Met hierdie as gegewe kan ons saam "plug & play" om die diens optimaal te kan benut.


KykenKuier lidmaatskap aan die internasionale kant is US$50 (eenmalig) vir aansluiting en US$20 per maand (sagteware lisensie). Die internasionale lede se videofoon gebruik is onbeperk per maand na enige KykenKuier gebruiker in die res van die wêreld. Indien 'n vriend of familie lid in London is, kan daar onbeperk gekuier word, (tensy die bandwydte beperk is). Die bandwydte en beskikbare sisteme vir oproepe na SA is onderhewig aan beskikbaarheid by die instap diens in Linden, Johannesburg (naby Cresta winkelsentrum in Beyers Naude rylaan - Randburg). Die beskikbare bandwydte aan SA kant is onbeperk, maar beperk tot die beskikbare ure. VideoFoon kliënte moet vroegtydig bespreek om terleurstelling te voorkom. Ons verwag dat lede hoofsaaklik oor naweke sal kuier, hoewel weeksdae nie uitgesluit is nie.

Instap-Kiosk tye:

Vrydag 20:00 - 22:00 Saterdae 07:00 - 14:00 & 20:00 - 23:00 en Sondae 07:00 - 14:00

Party lede sal moet vroeg opstaan en bietjie moet opoffer om te kan kuier. In die week is dit moontlik om oggend sessies in SA te reël wat oupa en ouma sal pas. Kuier met London is natuurlik maklik.

Kyk en Kuier is hier om te geniet!

Kontak ons vandag vir al die tegniese vereistes en 'n gratis demonstrasie wanneer julle gereed is om te kuier.

Laat weet julle familie en vriende om deel te neem en maak die beste van spesiale oomblikke of gebeure aan jul kant. Wees ten minste reg om hierdie kersfees of 'n komende verjaarsdag, lekker te kan kuier.

Tel: +27 11 782 3467 +27 83 294 3538 Faks: (SA) 0866162896

(Sterren Bester) E-pos: kykenkuier@gmail.com